GOD + WIL

Gen 41:25 Toe sê Josef vir die farao: U het maar net een droom gehad. Wat GOD WIL doen, het Hy aan u meegedeel.

Ex 18:15 Moses het sy skoonpa geantwoord: Die volk kom na my toe om na die WIL van GOD te vra.

Deu 4:40 Gehoorsaam…sy gebooie wat Ek julle vandag beveel,sodat .. julle lank kan woon in die land wat die Here julle GOD..aan julle WIL gee

Deu 6:25 Ons sal die WIL van die Here ons GOD doen as ons hierdie hele wet in sy teenwoordigheid gehoorsaam..soos Hy ons beveel het.

Deu 8:6 Jy moet die gebooie van die Here jou GOD gehoorsaam en sy WIL doen. Jy moet Hom dien…

Deu 10:12 En nou, Israel, die Here jou GOD vra net dat jy Hom moet eer, sy WIL moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel.

Deu11:22 As julle al hierdie gebooie..gehoorsaam deur daarvolgens te lewe en die Here julle GOD lief te hê, sy WIL te doen en Hom aan te hang

Deu19:8b Die Here sal jou gebied uitbrei omdat jy..die hele wet..gehoorsaam deurdat jy die Here jou GOD liefhet en altyd volgens sy WIL lewe

Deu 26:17 Jy het vandag verklaar dat die Here jou GOD is, en dat jy volgens sy WIL sal lewe…

Deu 28:9 As jy die gebooie van die Here jou GOD gehoorsaam en sy WIL doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk…

Deu 30:16 As jy die Here jou GOD liefhet en sy WIL doen,…sal jy lewe.

Jos 22:5 Sorg net dat julle..die wet..getrou onderhou, naamlik om die Here julle GOD lief te hê en volgens sy WIL te lewe,

2Sa 14:14b GOD WIL geen lewe neem nie, Hy berei ‘n weg om die voortvlugtige nie te verstoot nie.

2Kon 21:22 Hy het die Here die GOD van sy voorvaders verlaat en nie die WIL van die HERE gedoen nie.

1Kron 15:13 … het die Here ons GOD iemand van ons weggeskeur, want ons het nie op die regte manier na die WIL van GOD gevra nie.

1Kron23:25 Dit het so gekom omdat Dawid gesê het:Die Here die GOD van Israel het sy volk rus geskenk en Hy WIL vir altyd in Jerusalem woon.

1Kron 29:17a Ek weet, My GOD, dat U die hart ondersoek en dat U opregtheid WIL hê.

1Kron 29:17c Dit is omdat u GOD vir Israel liefhet en die volk altyd in stand WIL hou dat Hy u as koning oor hulle aangestel het…

2Kron 14:4 Hy het bevel gegee dat Juda aan die Here, die GOD van hulle voorvaders, gehoorsaam moet wees deur sy WIL te doen…

2Kron 15:3 Israel was lank sonder die ware God, sonder ‘n priester wat die WIL van GOD bekend kon maak, en sonder die woord van God.

2Kron 19:3 ..u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die WIL van GOD te vra.”

2Kron 26:5a Hy het na die WIL van GOD gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van God gehad het.

2Kron 26:5b In die tyd dat Ussia na die WIL van die Here gevra het, het GOD dit goed laat gaan met hom.

2Kron 31:21 In alles wat hy onderneem het.., het hy…gevra na die WIL van sy GOD, en daarom was hy voorspoedig.

2Kron 36:15 Die Here die GOD van hulle voorvaders het voortdurend aan hulle sy WIL bekend gemaak deur middel van sy boodskappers…

Esr 7:18 Die silwer en die goud wat oorbly, moet jy gebruik soos jy en jou ampsgenote dit goedvind volgens die WIL van julle GOD.

Esr 10:11 Doen belydenis voor die Here die GOD van julle voorvaders en doen wat Hy WIL hê: skei julle af van die heidennasies …

Job8:5-6 As jy na die WIL van GOD vra en die Almagtige om genade smeek,sal Hy jou weer in sy sorg neem en jou gesond in jou huis terugbring

Job 21:14 Maar tog is dit hulle wat vir GOD sê: Laat staan ons, ons weier om u WIL te ken.

Job 34:9 Hy het beweer: ‘Dit baat ‘n mens nie om die WIL van GOD te doen nie.’

Ps 40:9 Om u WIL te doen, my GOD, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.

Ps 50:7 Luister, my volk, Ek WIL my saak stel, Ek WIL teen jou getuig, Israel. Ek is GOD, Ek is jou GOD!

Ps 51:19 Die offer wat U WIL hê, o GOD, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o GOD.

Ps 72:1 Van Salomo. Leer tog die koning, o GOD, om te regeer volgens u WIL, leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit WIL

Ps 78:34 Elke keer as GOD ‘n slagting onder hulle aangerig het, het hulle na sy WIL gevra, hulle bekeer en na Hom toe gekom.

Ps 115:3 En dit terwyl ons GOD in die hemel is! Alles wat Hy WIL, doen Hy.

Ps 143:10 Leer my om u WIL te doen, want U is my GOD! Laat u goeie Gees my op ‘n gelyk pad lei.

Spr 10:2 Goed wat deur onreg bekom is, bring geen voordeel nie; om te lewe volgens die WIL van GOD, red ‘n mens van die dood.

Jes2:3 baie volke sal..sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die GOD van Jakob sodat Hy ons sy WIL kan leer

Jes 25:1 … Ek WIL U prys en u Naam LOOF! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.

Jes 30:18 Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en WIL Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n GOD wat reg laat geskied…

Jes 58:2 Hulle vra wel elke dag na My WIL, asof hulle graag WIL weet wat Ek van hulle verwag. Hulle gee voor dat hulle … reg is…

Jer 3:22 Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek WIL ‘n einde maak aan julle afdwaling. Kyk, ons kom na U toe, want U is die Here ons GOD!

Jer 42:4 … Ek sal tot die Here julle GOD bid soos julle gevra het. Ek sal alles wat die Here vir julle WIL sê, aan julle oordra.

Ese 3:27 Maar wanneer Ek jou die opdrag gee en jou tong losmaak, moet jy vir hulle sê wat Ek, die Here GOD, sê.

Ese 14:20 …Noag, Daniël en Job as hulle daar was… hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens My WIL geleef het.

Ese 18:9 hy sal…My bepalings gehoorsaam en hulle getrou nakom. So iemand leef volgens My WIL en hy sal bly lewe,” sê die Here My GOD.

Dan 2:28 Maar daar is ‘n GOD in die hemel wat geheime kan openbaar en wat aan u, koning Nebukadnesar, WIL bekend maak wat…gaan gebeur.

Dan 5:21b Hy [Nebukadnesar] moes erken dat die allerhoogste GOD mag het oor die koninkryke op aarde en daaroor aanstel wie Hy WIL.

Dan9:10 Ons was nie aan U..gehoorsaam nie, ons het nie volgens u WIL gelewe nie,u WIL wat U deur u dienaars,die profete,aan ons gegee het

Dan 9:11a Die hele Israel het u WIL oortree; hulle het afvallig geword en nie na U geluister nie.

Hos 3:5 Daarna sal die Israeliete hulle bekeer. Hulle sal vra na die WIL van die Here hulle GOD, en hulle sal hulle koning Dawid aanhang.

Hos 4:1 …Hy kla die inwoners van die land aan: Omdat trou, liefde en toewyding aan die WIL van GOD in die land ontbreek..

Hos 4:6c Omdat jy die WIL van jou GOD verontagsaam het, verontagsaam Ek die priesters wat onder jou dien.

Hos 7:10b Hulle het nie teruggekeer na My, die HERE hulle GOD, nie en het te midde van dit alles nie na My WIL gevra nie.

Mig 1:2 …Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die HERE My GOD WIL teen julle getuig, die HERE WIL uit sy heilige tempel getuig.

Mig 4:2 …Kom, laat ons optrek na … die huis van die GOD van Jakob sodat Hy ons sy WIL kan leer en ons daarvolgens kan lewe…

Sef 3:2 Hy is ongehoorsaam en WIL hom nie laat teregwys nie, hy vertrou nie op die HERE nie en dien nie sy GOD nie.

Mat 3:15 Jesus het hom geantwoord: “Nogtans moet jy dit nou doen, want op hierdie manier moet ons aan die WIL van GOD voldoen.

Mat 6:33 Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van GOD en vir die WIL van GOD, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Mat 12:18 “Hier is My…Geliefde oor wie Ek My verheug; EK sal My Gees op Hom laat kom, en Hy sal die WIL van GOD aan die nasies bekend maak

Mat 16:23b Jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat GOD WIL hê nie, maar aan wat die mense WIL hê.

Mar 8:33b Moenie in My pad staan nie, Satan, het Hy gesê, want jy dink nie aan wat GOD WIL hê nie maar aan wat die mense WIL hê.

Joh 9:31 Ons weet dat GOD nie na sondaars luister nie; maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy WIL hê, luister GOD na hom.

Han 18:21 Hy het van hulle afskeid geneem en gesê: “As GOD WIL, kom Ek na julle toe terug.”…

Han 22:14 Toe sê hy: Die GOD van ons voorvaders het jou uitgekies om sy WIL te ken, die Regverdige te sien en sy stem te hoor

Rom 2:4 GOD is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! …Besef jy nie dat GOD jou deur sy goedheid tot bekering WIL lei nie?

Rom 6:13b … en stel elke deel van julle liggame in diens van GOD as werktuig om te doen wat GOD WIL.

Rom 9:18 Dit is dus inderdaad so dat GOD Hom ontferm oor wie Hy WIL, en dat Hy verhard wie Hy WIL.

Rom 9:20 Mens, wie is jy per slot van rekening dat jy met GOD WIL redeneer? Hoe kan die maaksel vir sy maker sê: Waarom het jy my so gemaak?

Rom 15:5 En mag GOD… gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit WIL hê.

Rom 15:32 En as dit die WIL van GOD is, sal Ek vol blydskap na julle toe kom om ‘n tydjie by julle te rus.

1Kor 1:1 Van Paulus, wat deur die WIL van GOD geroep is om ‘n apostel van Christus Jesus te wees, en van die broer Sostenes.

2 Kor 1:1 Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die WIL van GOD, en van die broer Timoteus. Aan die gemeente van GOD in Korinte..

2 Kor 8:5 Dit was meer as wat ons verwag het, want eers het hulle hulleself aan die HERE gegee en toe aan ons. Dit is soos GOD dit WIL.

Gal 1:4 …wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die WIL van GOD ons Vader te volbring.

Ef 1:1 Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die WIL van GOD. Aan almal in Efese wat aan GOD behoort en in Christus Jesus glo.

Fil 2:13 want dit is GOD wat julle gewillig en bekwaam maak om sy WIL uit te voer.

Kol 1:9b Ons vra GOD dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle sy WIL duidelik sal laat ken

1Tes4:1b Julle het..geleer hoe GOD WIL hê julle moet lewe..maar in die Naam van die HERE Jesus versoek ons..lê julle nog meer daarop toe.

1Ti5:4.kinders [van weduwees moet] leer om..allereers hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie na te kom..Dit is volgens die WIL van GOD

2Ti 1:1 Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die WIL van GOD, gestuur om die belofte te verkondig van die lewe in Christus Jesus.

2Ti 3:12 Almal wat in Christus Jesus toegewy aan GOD WIL lewe, sal ook vervolg word.

Heb 2:4 Daarby het GOD ook saam getuig deur tekens en wonders en…gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens sy WIL.

Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek het gekom, o GOD, om u WIL te doen. In die boekrol is dit van My geskrywe.

Heb 10:36 Volharding is wat julle nodig het om die WIL van GOD te doen en te ontvang wat Hy beloof het.

Heb 11:6 As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat GOD WIL. Wie tot GOD nader, moet glo dat Hy bestaan…

Heb 12:11 Later lewer…[GOD se tug] egter vir dié wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die WIL van GOD

Heb 12:28 Laat ons wat ‘n onwankelbare koninkryk ontvang het, ..GOD dankbaar dien met eerbied en ontsag, soos Hy dit WIL,..

Heb 13:21a Mag dié GOD julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy WIL kan doen.

Jak 1:18 Omdat dit sy WIL was, het GOD ons deur die woord van die waarheid tot die lewe gebring…

Jak 4:4a Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen GOD is nie?

Jak 4:4b Wie ‘n vriend van die wêreld WIL wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van GOD is.

Jak 4:5 Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat GOD die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself WIL hê?

1Pe 2:19 Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat hy aan GOD getrou WIL wees.

1Pe 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur… kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die WIL van GOD.

1Pe 4:19 Daarom moet dié wat ly omdat GOD dit WIL, hulle lewe toevertrou aan die getroue Skepper, en aanhou goed doen.

1Jo 2:17 En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die WIL van GOD doen, bly ewig lewe.

1Jo 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na GOD gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy WIL vra.

Op4:11HERE, ons GOD, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang omdat U alles geskep het; deur u WIL het alles ontstaan

TUISTE

Verskeie temas en Skrifaanhalings uit die Bybel word op hierdie blad aangebied. Die bron wat gebruik is, is die 1983 vertaling van die Afrikaanse Bybel.
Die inhoud is ‘n versameling van teksaanhalings oor Bybeltemas wat oor ‘n tydperk op twitter verskyn het. Sien @atkuger. Die aanhalings voor Desember 2017 is aangepas om nie 140 karakters te oorskry nie, wat destyds ‘n voorvereiste vir twitter was. Dit is altyd beter om die volle verwysing in die Bybel na te slaan, asook om die konteks daarvan te ondersoek.
Enige persoon is welkom om hierdie aanhalings weer op twitter te gebruik. U word net vriendelik versoek om na hierdie blog te verwys. Skakel: http://wp.me/2CbvJ
Ek vertrou dat hierdie werk vir u ook net soveel sal beteken soos wat dit vir my beteken het.
Soli Deo Gloria
At Kruger

“SY WIL”

Deu 8:6 Jy moet die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en SY WIL doen. Jy moet Hom dien…

Deu 19:8b Die Here sal jou gebied uitbrei…deurdat jy die Here jou God liefhet en altyd volgens SY WIL lewe.

Deu 28:9 As jy die gebooie van die Here jou God gehoorsaam en SY WIL doen, sal Hy jou in stand hou as sy heilige volk soos Hy..beloof het.

Jos 22:5 Sorg net dat julle die gebod..onderhou, naamlik om die Here julle God lief te hê en volgens SY WIL te lewe…

1Kon 8:58 Mag Hy ons gewillig maak om altyd volgens SY WIL te leef en ons te hou aan sy gebooie…wat Hy ons voorvaders opgelê het.

2Kron 14:4 Hy het bevel gegee dat Juda aan die Here…gehoorsaam moet wees deur SY WIL te doen en sy gebooie na te kom.

2 Kron 36:15 Die Here die God van hulle voorvaders het voortdurend aan hulle SY WIL bekend gemaak deur middel van sy boodskappers…

Job 34:27 …want hulle het Hom nie bly dien nie en hulle nie aan SY WIL gesteur nie…

Ps 24:6 Die mense wat na SY WIL vra en Hom dien, is die geslag van Jakob.

Ps 78:34 Elke keer as God ‘n slagting onder hulle aangerig het, het hulle na SY WIL gevra, hulle bekeer en na Hom toe gekom.

Ps 103:7 Aan Moses het Hy SY WIL bekend gemaak, aan Israel wat Hy van plan was om te doen.

Ps 103:21  Loof die Here, alle hemelwesens wat Hom dien en SY WIL doen!

Ps 105:45 Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en SY WIL doen. Prys die Here!

Ps 119:2 Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart SY WIL doen…

Ps 128:1 ‘n Pelgrimslied. Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien en SY WIL doen.

Spr 8:29 Ek was daar toe Hy vir die see sy grens vasgestel het, die waters aan SY WIL onderwerp het…

Spr 11:4 Rykdom baat nie wanneer die Here straf nie; om te lewe volgens SY WIL, red van die dood.

Spr 15:9 Die Here het ‘n afsku van die lewenswyse van goddeloses; maar Hy het dié lief wat volgens SY WIL lewe.

Jes 2:3 ..Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons SY WIL kan leer..

Jes 42:24 Is dit nie die Here nie, Hy teen wie ons gesondig het? Ons wou nie SY WIL doen nie, ons wou nie na sy woord luister nie.

Klaagl 3:25 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na SY WIL vra…

Mig 4:2 …baie nasies sal daarnatoe gaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe..sodat Hy ons SY WIL kan leer…

Sef 1:6 …dié wat die rug vir die Here draai, na SY WIL nie vra nie en Hom nie raadpleeg nie…

Han 22:14 Die God van ons voorvaders het jou uitgekies om SY WIL te ken, die Regverdige te sien en sy stem te hoor…

Rom 2:18 … jy ken SY WIL en jy onderskei die dinge waar dit werklik op aankom, omdat jy deur die wet onderrig word.

Rom 6:18 Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat SY WIL doen.

Rom 9:19 Nou sal jy vir My sê: “Maar waarom verwyt Hy ons dan nog? Wie kan tog teen SY WIL ingaan?”

Efe 1:9 Hy het kragtens sy besluit en voorneme die geheimenis van SY WIL aan ons bekend gemaak

Fil 2:13 …want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om SY WIL uit te voer.

Kol 1:9b Ons vra God dat Hy deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, julle Sy WIL duidelik sal laat ken…

Heb 2:4 Daarby het God ook saam getuig deur tekens en wonders…en gawes van die Heilige Gees, soos Hy dit toebedeel het volgens SY WIL.

Heb 13:21a Mag dié God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle SY WIL kan doen.

Jak 1:18 Omdat dit SY WIL was, het God ons deur die woord…tot die lewe gebring, sodat ons…eerstelinge kan wees van alles wat Hy geskep het.

1 Joh 5:14 En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens SY WIL vra.

“DIE WIL VAN DIE HERE”

Gen 15:6 Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens DIE WIL VAN DIE HERE gehandel het.

Eks 33:7b Elkeen wat na DIE WIL VAN DIE HERE wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan.

Deu 6:25 Ons sal DIE WIL VAN DIE HERE ons God doen as ons die wet…gehoorsaam en daarvolgens lewe soos Hy ons beveel het.

Deu13:5b …die man wil jou laat optree in stryd met DIE WIL VAN DIE HERE… Jy moet hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.

Deu 33:21b Gad het met die leiers van die volk gekom en DIE WIL VAN DIE HERE gedoen en saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.

2Kron 12:14 Hy [Rehabeam] het gedoen wat verkeerd is en hy het hom nie daarop toegelê om na DIE WIL VAN DIE HERE te vra nie.

2Kron 26:5a Hy [Ussia] het na DIE WIL VAN GOD gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van GOD gehad het.

2Kron 26:5b In die tyd dat Ussia na DIE WIL VAN DIE HERE gevra het, het GOD dit goed laat gaan met hom.

Ps 18:10 …want EK het DIE WIL VAN DIE HERE gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie…

Ps 22:26 By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na DIE WIL VAN DIE HERE vra, Hom prys.

Spr 11:30 Wie DIE WIL VAN DIE HERE doen, is ‘n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens.

Spr 12:3 Niemand wat ‘n verkeerde lewe lei, hou stand nie; wie DIE WIL VAN DIE HERE doen, staan stewig.

Spr 28:5 Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na DIE WIL VAN DIE HERE vra, het ‘n goeie begrip van alles.

Spr29:16As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook, maar die mense wat DIE WIL VAN DIE HERE doen, sal sien hoe die Goddeloses ondergaan

Spr 29:18Waar DIE WIL VAN DIE HERE nie bekend gemaak word nie,verwilder ‘n volk;dit gaan goed met elkeen wat die wet van die HERE onderhou.

Spr 29:27 Mense wat DIE WIL VAN DIE HERE doen, het ‘n afsku in iemand wat onwys optree; ‘n goddelose mens het ‘n afsku in dié wat reg lewe.

Jes 9:13 Die volk het hulle egter nie bekeer tot Hom .. nie, hulle het nie gevra na DIE WIL VAN DIE HERE die Almagtige nie.

Jes31:1 Ellende wag vir dié wat by Egipte hulp gaan vra .. op die Heilige van Israel vertrou hulle nie,na DIE WIL VAN DIE HERE vra hulle nie

Jes 51:1 ..julle wat na DIE WIL VAN DIE HERE vra: Dink aan die rots waaruit julle gekap is, aan die klipgroef waaruit julle gegrawe is.

Jes 53:10a Dit was DIE WIL VAN DIE HERE om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly.

Jes 53:10b As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal DIE WIL VAN DIE HERE sy doel bereik.

Jes 55:6 Vra na DIE WIL VAN DIE HERE terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

Jer 5:4 EK het eers gedink: dis maar die gewone mense wat so dwaas optree, want hulle ken nie die DIE WIL VAN DIE HERE nie, ..

Jer 5:5 …EK sal na die leiers toe gaan en met hulle praat, want hulle ken DIE WIL VAN DIE HERE…Maar ook hulle het almal in opstand gekom

Jer 10:21 Die herders het.. nie na DIE WIL VAN DIE HERE gevra nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie en is hulle hele kudde verstrooi.

Jer 18:18 Daar sal altyd priesters wees om ons DIE WIL VAN DIE HERE te leer…en profete by wie ons die boodskappe van die HERE kan hoor.

Hos 3:5 Daarna sal die Israeliete hulle bekeer. Hulle sal vra na DIE WIL VAN DIE HERE hulle GOD,.. Hulle sal vol eerbied terugkom..

Hos 5:6 Met offers van kleinvee en beeste sal hulle na DIE WIL VAN DIE HERE kom vra, maar hulle sal nie antwoord kry nie..

Amos 5:6a Vra na DIE WIL VAN DIE HERE, dan sal julle lewe! …

Miga 1:2 Luister… Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die HERE MY GOD WIL teen julle getuig,die HERE WIL uit sy heilige tempel getuig

Sef 2:3a Vra na die WIL VAN DIE HERE, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid!

Sag 8:21 …elkeen sal sê: Kom ons gaan raadpleeg die Here, ons gaan vra na DIE WIL VAN DIE HERE die Almagtige. Ek gaan ook!

Sag 8:22 Baie volke sal kom, groot nasies, om in Jerusalem na DIE WIL VAN DIE HERE die Almagtige te vra, om Hom te raadpleeg.

Han 21:14 Toe ons hom nie kon oorreed nie, het ons daarin berus en gesê: Laat DIE WIL VAN DIE HERE geskied.

Ef 5:17 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat DIE HERE WIL dat julle moet doen.

Jak 4:15  Julle moet eerder sê: “As DIE HERE WIL, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

“GOD VRA”

Deu 10:12 En nou, Israel, die Here jou GOD VRA net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel.

Job 8:5-6 As jy na die WIL van GOD vra en die Almagtige om genade smeek, as jy vlekkeloos is en reg het, sal Hy jou weer in sy sorg neem…

Ps 10:4 Neus in die lug sê [die goddelose]:  GOD VRA tog geen rekenskap nie! In al sy planne is daar geen plek vir GOD nie.

Ps 14:2 Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één verstandige is, één wat na die WIL VAN GOD vra.

Jer 50:4 Hulle [Israeliete en die Judeërs] sal huil-huil loop en na die WIL VAN DIE HERE hulle GOD vra.

“GOD WIL”

2Sa 14:14 GOD WIL geen lewe neem nie, Hy berei ‘n weg om die voortvlugtige nie te verstoot nie.

Mig 1:2 Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die Here my GOD WIL teen julle getuig, die Here wil uit sy heilige tempel getuig.

Mat 16:23 Jesus het vir Petrus gesê: jy is vir My ‘n struikelblok, want jy dink nie aan wat GOD WIL hê nie, maar aan wat die mense wil hê.

Mar 8:33 [Jesus aan Petrus]: Moenie in My pad staan nie…het Hy gesê, want jy dink nie aan wat GOD WIL hê nie maar aan wat die mense wil hê.

Han 4:12 Jesus bring die verlossing. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur GOD WIL dat ons verlos moet word nie

Rom 6:13 …..stel elke deel van julle liggame in diens van god as werktuig om te doen wat GOD WIL.

1Tes 2:15 Dit is die Jode deur wie die Here Jesus…doodgemaak…vervolg is. Wat GOD WIL, doen hulle nie, en hulle is vyandig teenoor alle mense

1Tes 4:1 Julle het van ons geleer hoe GOD WIL hê julle moet lewe.. maar in die Naam van die Here Jesus versoek ons..Lê julle meer daarop toe

Heb 11:6a As ‘n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat GOD WIL.

“WIL VAN GOD”

Mat 6:31-33 Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die WIL VAN GOD, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge [kos/klere] gee.

Mat 12:18  Hier is…MY Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal My Gees op Hom laat kom, en Hy sal die WIL VAN GOD aan die nasies bekend maak.

Mat 12:20 ‘n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die WIL VAN GOD laat seëvier.

Mat 22:16..ons weet dat u (Jesus) die WIL VAN GOD bekend maak sonder om mense in aanmerking te neem.

Mat25:37 Dan sal dié wat die WIL VAN GOD gedoen het Hom vra:wanneer het ons U honger gesien en U gevoed,of dors en U iets gegee om te drink

Mat 25:46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die WIL VAN GOD gedoen het, die ewige lewe.

Mar 3:35 Elkeen wat die WIL VAN GOD doen, is MY broer en MY suster en MY moeder.

Luk 7:29 Al die mense, ook die tollenaars, het na hom geluister en was aan die WIL VAN GOD gehoorsaam.

Luk 20:21  U let nie op die aansien van persone nie. U is getrou aan die waarheid, en so maak u die WIL VAN GOD bekend.

Joh 7:17  As iemand gewillig is om die WIL VAN GOD te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit My eie praat.

Han 4:12 Jesus bring die verlossing. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur GOD WIL dat ons verlos moet word nie

Rom 3:10-11 …… daar is NIE EEN wat na DIE WIL VAN GOD vra nie.

Rom 6:13 …..stel elke deel van julle liggame in diens van god as werktuig om te doen wat GOD WIL.

Rom 8:8 Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die WIL VAN GOD doen nie.

Rom 8:27 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die WIL VAN GOD, vir die gelowiges.

Rom 12:2 ….maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die WIL VAN GOD is..

2Kor 6:7 Ons wapen vir aanval en verdediging is om die WIL VAN GOD te doen.

2Kor 7:10 ..want droefheid volgens die WIL VAN GOD bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie.

2Kor 7:11 Kyk net wat die ervaring van droefheid volgens die WIL VAN GOD aan julle gedoen het. Nou is daar by julle erns…

2Kor 11:15 Satan se dienaars doen hulle ook as mense voor wat die WIL VAN GOD doen. Aan die einde sal hulle kry wat hulle verdien.

Gal 1:3-4 Genade..vir julle van God..en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het..en so die WIL VAN GOD..volbring.

Efe 4:23-24 Julle gees en gedagtes moet nuut word; … lewe volkome volgens die WIL VAN GOD en wees heilig.

Efe 6:6 Moenie net werk om..raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat..die WIL VAN GOD doen.

1Tim 4:3 Dit is die WIL VAN GOD dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid.

1Ti 5:4 …as ‘n weduwee kinders…het, moet [hulle]…hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie [eers nakom]…Dit is…DIE WIL VAN GOD.

2Ti 1:1 Van Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die WIL VAN GOD, gestuur om die belofte te verkondig van die lewe in Christus Jesus.

Heb 10:36 Volharding is wat julle nodig het om die WIL VAN GOD te doen en te ontvang wat Hy beloof het.

Heb 12:11b Later lewer [tug] egter vir dié wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God

1Pet 2:15 Dit is die WIL VAN GOD dat julle deur goed te doen, ‘n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.

1Pet 2:24 Hy het..ons sondes..aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die WIL VAN GOD

1Pet 3:17 As dit die WIL VAN GOD mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.

1Pet 4:2..wie met die sonde afgereken het:.. word .. nie meer beheers deur menslike begeertes nie, maar deur die WIL VAN GOD.

2Pet 2:5 …Net vir Noag wat die WIL VAN GOD verkondig het, en sewe ander mense het Hy gered.

2Pet 2:21 Dit sou..beter gewees het as hulle die WIL VAN GOD nie leer ken het nie as dat hulle dit wel leer ken het en daarna afgewyk het.

2Pet 3:13 Maar ons leef in die verwagting van ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde wat God belowe het en waar die WIL VAN GOD sal heers.

1Joh 2:17 En die wêreld met sy verleidelike dinge gaan verby, maar wie die WIL VAN GOD doen, bly ewig lewe.