“DIE WIL VAN DIE HERE”

Gen 15:6 Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens DIE WIL VAN DIE HERE gehandel het.

Eks 33:7b Elkeen wat na DIE WIL VAN DIE HERE wou vra, het na die tent van ontmoeting buite die kamp gegaan.

Deu 6:25 Ons sal DIE WIL VAN DIE HERE ons God doen as ons die wet…gehoorsaam en daarvolgens lewe soos Hy ons beveel het.

Deu13:5b …die man wil jou laat optree in stryd met DIE WIL VAN DIE HERE… Jy moet hierdie soort kwaad tussen julle uitroei.

Deu 33:21b Gad het met die leiers van die volk gekom en DIE WIL VAN DIE HERE gedoen en saam met Israel die bepalings van die Here nagekom.

2Kron 12:14 Hy [Rehabeam] het gedoen wat verkeerd is en hy het hom nie daarop toegelê om na DIE WIL VAN DIE HERE te vra nie.

2Kron 26:5a Hy [Ussia] het na DIE WIL VAN GOD gevra gedurende die hele lewe van Sagaria, wat insig in die openbaring van GOD gehad het.

2Kron 26:5b In die tyd dat Ussia na DIE WIL VAN DIE HERE gevra het, het GOD dit goed laat gaan met hom.

Ps 18:10 …want EK het DIE WIL VAN DIE HERE gehoorsaam en my nie teenoor my God skuldig gemaak nie…

Ps 22:26 By dié offermaaltyd sal die armes genoeg hê om te eet, en sal dié wat na DIE WIL VAN DIE HERE vra, Hom prys.

Spr 11:30 Wie DIE WIL VAN DIE HERE doen, is ‘n bron van lewe; die mens wat wysheid het, red lewens.

Spr 12:3 Niemand wat ‘n verkeerde lewe lei, hou stand nie; wie DIE WIL VAN DIE HERE doen, staan stewig.

Spr 28:5 Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie; dié wat na DIE WIL VAN DIE HERE vra, het ‘n goeie begrip van alles.

Spr29:16As goddelose mense regeer, regeer die sonde ook, maar die mense wat DIE WIL VAN DIE HERE doen, sal sien hoe die Goddeloses ondergaan

Spr 29:18Waar DIE WIL VAN DIE HERE nie bekend gemaak word nie,verwilder ‘n volk;dit gaan goed met elkeen wat die wet van die HERE onderhou.

Spr 29:27 Mense wat DIE WIL VAN DIE HERE doen, het ‘n afsku in iemand wat onwys optree; ‘n goddelose mens het ‘n afsku in dié wat reg lewe.

Jes 9:13 Die volk het hulle egter nie bekeer tot Hom .. nie, hulle het nie gevra na DIE WIL VAN DIE HERE die Almagtige nie.

Jes31:1 Ellende wag vir dié wat by Egipte hulp gaan vra .. op die Heilige van Israel vertrou hulle nie,na DIE WIL VAN DIE HERE vra hulle nie

Jes 51:1 ..julle wat na DIE WIL VAN DIE HERE vra: Dink aan die rots waaruit julle gekap is, aan die klipgroef waaruit julle gegrawe is.

Jes 53:10a Dit was DIE WIL VAN DIE HERE om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly.

Jes 53:10b As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy ‘n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal DIE WIL VAN DIE HERE sy doel bereik.

Jes 55:6 Vra na DIE WIL VAN DIE HERE terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.

Jer 5:4 EK het eers gedink: dis maar die gewone mense wat so dwaas optree, want hulle ken nie die DIE WIL VAN DIE HERE nie, ..

Jer 5:5 …EK sal na die leiers toe gaan en met hulle praat, want hulle ken DIE WIL VAN DIE HERE…Maar ook hulle het almal in opstand gekom

Jer 10:21 Die herders het.. nie na DIE WIL VAN DIE HERE gevra nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie en is hulle hele kudde verstrooi.

Jer 18:18 Daar sal altyd priesters wees om ons DIE WIL VAN DIE HERE te leer…en profete by wie ons die boodskappe van die HERE kan hoor.

Hos 3:5 Daarna sal die Israeliete hulle bekeer. Hulle sal vra na DIE WIL VAN DIE HERE hulle GOD,.. Hulle sal vol eerbied terugkom..

Hos 5:6 Met offers van kleinvee en beeste sal hulle na DIE WIL VAN DIE HERE kom vra, maar hulle sal nie antwoord kry nie..

Amos 5:6a Vra na DIE WIL VAN DIE HERE, dan sal julle lewe! …

Miga 1:2 Luister… Gee aandag, aarde met al jou bewoners! Die HERE MY GOD WIL teen julle getuig,die HERE WIL uit sy heilige tempel getuig

Sef 2:3a Vra na die WIL VAN DIE HERE, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid!

Sag 8:21 …elkeen sal sê: Kom ons gaan raadpleeg die Here, ons gaan vra na DIE WIL VAN DIE HERE die Almagtige. Ek gaan ook!

Sag 8:22 Baie volke sal kom, groot nasies, om in Jerusalem na DIE WIL VAN DIE HERE die Almagtige te vra, om Hom te raadpleeg.

Han 21:14 Toe ons hom nie kon oorreed nie, het ons daarin berus en gesê: Laat DIE WIL VAN DIE HERE geskied.

Ef 5:17 Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat DIE HERE WIL dat julle moet doen.

Jak 4:15  Julle moet eerder sê: “As DIE HERE WIL, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.”

Lewer kommentaar